
Gebruik ons winkel skakel wat ons uitstuur, https://www.saadbank.co.za/shop/ wat jou direk vat na ons Saadbank winkel.
Jy kan ook na ons webwerf tuis blad gaan en “af scroll” om al die produkte te sien of jy kan die navigasie aan die bokant gebruik en druk op “Winkel” en dan “Winkel items”.

Stap 1
Jy kan of die kategorie kies (druk op prentjie) om al die produkte of items te sien vir die kategorie, of “scroll af” om al die items te sien en druk op prentjie om die item te koop.

Stap 2
2.1 Kies die aflewering opsie indien dit beskikbaar is.
2.2 Kies die hoeveelheid of aantal items wat jy wil koop. Ons begin met 1 as die minimum.
Druk die blou knoppie ”Add to basket”.

Stap 3
Blaai of beweeg boontoe en druk op die woorde in die GROEN verligter ”View Basket”.
Dit vat jou na jou Mandtjie.
Indien jy nog verdere items of produkte wil koop, herhaal eenvoudig Stap 1 en 2 soos hier bo aangedui.
Om weer by stap 1 uit te kom, druk op die woord “Winkel” en dan “Winkel items” in die boonste navigasie aan die bokant van die bladsy om weer by die winkel uit te kom soos in Stap 1. Jy kan ook “Tuis” druk en “af scroll” om al die items te sien. Druk op die prentjie om item te kies en koop.

Stap 4
Vul in jou besonderhede . Ons kort jou naam, van, jou adres (al stuur ons dit sektor toe), jou kontak nommer en jou epos adres.
Druk die pienk knoppie ”Place order”.

Stap 5
Jou aanlyn bestelling is geplaas en ons wys jou bevestiging vir jou op die skerm. Jou bestel nommer of altans jou “Order nommer” is aan die bokant. Jou ”Order nommer” word ook vir jou betaal verwysing gebruik.
Ons stuur onmiddelik ’n e-pos met jou bestelling (Order nr), dit is basies jou faktuur, en wat die instruksies vir die elektroniese betaling bevat.

Maak betaling en stuur betaling bewys met e-pos
Jy sal onmiddelik n e-pos ontvang met ons bank besonderhede en betaling verwysing om te gebruik vir jou item.
Hierdie is ‘n voorbeeld van die e-pos wat jy sal ontvang:

Wat maak ek as hierdie steeds Grieks is vir my?
Stuur vir ons die volgende inligting en ons plaas die bestelling namens jou. Jy kry steeds ‘n epos met jou “Order nommer”, totaal om te betaal en instruksies vir elektroniese betaling al plaas ons die bestelling namens jou.
Stuur die volgende inligting:
- Tipe item of produk, met ander woorde Diesel of tipe item wat jy wil koop.
- Hoeveelheid.
- Naam en Van
- Jou adres
- Jou kontak nommer (verkieslik selfoon)
- Jou e-pos adres
Stuur AL die inligting met e-pos. “Winston the pigeon” staak tans weens die hoë prys vir sy saad…. jammer!
E-pos: hello@saadbank.co.za
Ons is ‘n organisasie sonder winsmotief (NPO) en ‘n nie-regeringsorganisasie (NGO) en ons sade is vir persoonlike plant doeleindes in die geval van ‘n voedsel krisis en ons Saadbank vorm deel van ons Noodplan initiatief.