Video: Landbou Saadbank se 10 voordele wat jou gesin kan red in anargie

Ons Saadbank bewaar die saadtjies van hoop vir ons volk. Dit gee ons voedselsekerheid dat ons nie sonder kos gelaat sal word nie gedurende anargie en gee ons ‘n kans vir oorlewing waar ons ons eie kos kan kweek.

Ons Saadbank voordele:

  1. GERIEF! Jy hoef nie saad saam te ry gedurende ons ontrekking nie.
    Stadsjappie wenk: Al wat Tinus nou hoef te onthou gedurende ontreking is vir skoonma – en ons verseker dat daar baie plek is vir haar! Hierdie stadsjappie wenk is geborg deur Tinus se skoonma…
  2. KORREKTE SAAD! Korrekte variteite word gekies vir ons sektor en klimaat.
    Stadsjappie wenk: Jou eksotiese tropiese saad gaan heelwaarskynlik nie in ons sektor aard nie!
  3. KORREKTE STOOR! Korrekte verpakking en storing van JOU sade.
    Stadsjappie wenk: Storing onder jou kopkussing is die regte stap om ontkieming te verseker – nie wat ons in storing soek nie!
  4. GEWAARBORGDE NIE-GMO SADE! Ons sade kom uit die boek van Genesis, en is NIE genetiese gemodifiseerde organisme (GMO) sade NIE, net soos ons Vader dit geskep het.
    Stadsjappie wenk: Los maar die Frakenstein skeppings vir die mal wetenskaplikes!
  5. HERPLANTING! Na die oes kan ons sade gestoor word vir herplanting en produksie die volgende jaar.
    Stadsjappie wenk: Jou Frakenstein “Builders” pakkie saad kan net 1 keer geplant word (sien vorige punt).
  6. DEURLOPENDE NAVORSING! Deurlopende navorsing en kennis rakende elke variteit vir ons sektor vir beter sukses.
    Stadsjappie wenk: Google is nie ‘n kenner van ons sektor variteite nie!
  7. PRODUKSIE BEPLANNING! Proaktiewe produksie beplanning deur Landbou vir die “DAN” waar hulpbronne verseker beperk sal wees.
    Stadsjappie wenk: Om kos op grootmaat te produseer vat beide vaardigheid en kuns!
  8. SAKPAS! Koste effektief vir jou sak met so laag as moontlik inkoop bedrae gedurende ‘n spesifieke tydperk.
    Stadsjappie wenk: Ons gebruik ons hele netwerk om hierdie “Black Friday” winskoppies te bekom en geld nie net vir 25 November nie!
  9. MySaadBank! Geleentheid om JOU eie Saadbank stelselmatig te bou vir die “DAN” met nodige kennis van Landbou of saam met ander in ‘n groep.
    Stadsjappie wenk: iSaadbank… dit is soos jou eie “app” vir jou sade… maar nie soos jou virtual meisie nie… die sade bestaan regtig!
  10. Hey Siri… ehhh Johan! Gesels met ons eie kenner, ons Landbou Projek Bestuurder, Johan Celliers, oor enige kwelvrae – hy het onsagbare insigte met wêreldklas kennis.
    Stadsjappie wenk: Ons eie “Hey Siri”…. maar in jou eie taal en hy weet wragties baie meer!

Hoe koop ek?

Plaas jou bestelling aanlyn op ons webwerf saadbank.co.za vir aankope. Jou elektroniese ”Order Nr” (Bestel Nr) is jou Saad Sak Nr met al jou inligting wat Landbou op jou Saad Sak sit.

Maak ‘n elektroniese fonds oorbetaling (instruksies vir betaling word met e-pos gestuur met die plaas van bestelling) en stuur jou elektroniese betaling bewys met e-pos na hello@saadbank.co.za.

Ons is ‘n organisasie sonder winsmotief (NPO) en ‘n nie-regeringsorganisasie (NGO) en ons sade is vir persoonlike plant doeleindes in die geval van ‘n voedsel krisis en ons Saadbank vorm deel van ons Noodplan initiatief.