
Saamgestel deur Johan Celliers
Suidlanders Sentraal Transvaal, Departement Landbou.
Wat is die doel van ‘n kweekhuistonnel of ‘n net huis?
Kweekhuistonnels of altans kommersiële tonnels soos ons dit in Suid-Afrika ken, dien verskeie doelwitte.
Die belangrikste doelwit van so ‘n tonnel is om ‘n omgewing te skep wat meer stabiliteit bied vir beide klimaat en temperatuur.
‘n Tonnel hou meeste van die wind uit en dit verhoed nou weer teen versekie soorte wind skades. ‘n Koue wind kan lei tot vries, waar ‘n droë warm wind nou weer kan lei tot uitdroging van plante en die grond.
Die gebruik van ‘n tonnel kan dus help teen koue wat die voordeel inhou dat die tonnels gebruik kan word om langer in die koue winters in te produseer.
‘n Net Huis is ‘n tweede opsie en dit is die meer bekostigbare opsie tot ons beskiking. Die hoof doel van n net huis is om die harde Suid-Afrikaanse son meer verdraaglik te maak. Dit kan selfs in sommige opsigte help om die wind te breek met die oprigting van korrekte wind mure. Boere verkies die tipe van produksie huise omdat hulle dit self kan bou.
Die uitendelike doelwit van beide kweekhuistonnels en net huise is is om te verseker dat jou gewasse beskerm word teen oormatige sonbestraling, omgewingsgevare soos hael en swaar reën, asook vlieënde plae soos voëls, vlermuise en groot insekte. Dit gee ons die voordeel om gewasse te produseer wat nie gewoonlik in ons omgewing aard nie.
Die kritiese vraag wat ons onself dus moet afvra is hoe die tipe van kweekhuise tot ons voordeel gebruik kan word in die “DAN”. Kan daar werklik ‘n voordeel wees in die gebruik van die tipe stelsels in die “DAN”? Hoe oorkom ons die tekorte van hulpmiddels om die stelsels te bou in die “DAN”.
Die antwoord lê in die doelwitte was ons wil bereik.
Wat is die doelwitte van Sentraal Transvaal, Departement Landbou en spesifiek ons sektor?
Ons kan ons doelwitte opdeel in kort termyn, medium termyn en langtermyn doelwitte. Vir eers gaan ons net op ons kort termyn doelwitte fokus wat begin sodra ons arriveer in ons sektor tot die eerste 12 maande. Ons medium tot langterym doelwitte sal strek van 1 jaar tot 3 jaar (of 36 maande).
Kort termyn doelwitte (van arriveer tot 12 maande):
- Die hoof fokus is op oorlewing en aanpassing.
- Opnames van wat tot ons beskikking is en wat oorgebly het.
- Invordering van wat beskikbaar is in die sektor. Stoor beheer en beskerming.
- Vestiging van selfonderhoudende tuine vir ons lede in ons sektor.
- Stapel voedsel produskie en saad produksie vir langtermyn gebruik.
- Diere produksie oorlewing en hervestiging. Die tipe diere selleksie vir voedselsekerheid gaan ‘n baie belangrike rol spieël.
Hoe verseker ons voedselsekuriteit in ons Sektor?
Ons twee fokus areas sal wees (1) die Suidlander lid se aankoms in die sektor; (2) die boer of landbouer wat reeds gevestig is in die sektor. Vir eers gaan ons net fokus op die Suidlander lid.
Die Suidlander lid se aankoms in die sektor
- Identifiseer lede wat bereid is om selfonderhoudende tuine te bewerk en te onderhou.
- Help om ons lede toe te rus vir die beste kans vir suksesvolle oeste om hulle families te onderhou en selfs ‘n bydrae te maak tot ons voedselketting. Dit is nie moontlik vir Departement Landbou om tussen 50 tot 100+ tuine te handhaaf en te bewerk nie.
- Dit is die hoofrede hoekom Sentraal Transvaal Landbou die Saadbank projek afgeskop het en dit tot ‘n paar sleutel sade beperk het. Dit gee ons lede die beste kans tot suksesvolle oeste. Kennis oor hoe om die sade the plant, versorg en te oes kan redelik maklik en binne ‘n paar uur aan lede oorgedra word.
- Sentraal Transvaal Landbou is tans besig met navorsing oor die best plant tegnieke vir selfonderhoudende tuine by ons huis. Ons bewerk die tuine so realisties as moontlik vir die “DAN” met minimum insette en hulpmiddels. Ons vat nie kort pad nie!
- Produseering van saailinge gaan baie belangrik wees vir lede met geen plant kennis nie. Hierdie lede sal groter sukses hê met gesonde saailinge wat oorgeplant word vir produksie eerder as om gewasse van saad af te probeer groei. Die saailing gee ook ‘n mate van gemoedsrus omdat dit tasbaar is en bied hoop aan die lede.
Kweektonnels en net huise vir die “DAN”
Weens die hoë kostes sal die bou van komersieële kweekhuise en strukture nie realisties of doenbaar wees vir die “DAN” nie. Uitdagings soos finansies en beperkte hulbronne beinvloed die oplossings tot ons beskikking.
Die mees praktiese oplossing vir ons is dus die bou of oprigting van kleiner kweektonnels, net huise en ander strukture wat per hand van bedding na bedding geskuif kan word soos benodig.
Die strukture sal hoog genoeg wees om oor beddings te gaan maar steeds laag genoeg dat basiese hulpmiddels soos staal of hout pale gebruik kan word. Nette kan selfs tussen pale gespan word met genoeg spasie om onder dit te kan werk.
Van ‘n strategiese oogpunt sal ons dus nette sowel as kweekhuistonnel plastiek moet stoor in ons sektor.
Verdere praktiese oplossings sluit in die opstappeling van klippe vir klipmure om die Noord en Suid wind te breek.
Kunsmis en mistowwe
Ons weet dat hulpbronne bitter skaars gaan wees in die “DAN” en ons sal natuurlike metodes moet aanwend. Die metodes sluit in die insameling van diere-mis, vuur as, mense piepie, diere bloed en enige afval plantmateriaal wat ons sektor ons kan aanbied.
Gifstowwe
Gifstowwe bly ‘n baie groot uidaging vir ons en met verdere navorsing sal ons verdere oplossings indetifiseer vir elke fase. Tans oorweeg ons poeier opsies wat gestoor kan word en selgs water nodig het om die gifstowwe te aktifeer.
Suidlanders Sentraal Transvaal, Landbou se Saadbank initiatief
Landbou het ons eie Saadbank initiatief geloots wat uit versekeie fases bestaan.
Saadbank Fase 1 – Mei en Junie 2022
Ons fokus op die aankoop en berging van Wit & Geel Mielies variteite as ‘n hoof stapel voedsel vir ons sektor in die “DAN”.
Suidlanders Sentraal Transvaal lede het ‘n geleentheid om deur Landbou sade te koop wat in ons sektor gestoor word.
Die fokus is op variteite wat vir ons verdere saad kan produseer in ons sektor en vir ons tipe klimaat asook sade vir voedsel produksie. Dit is dus van uiterse belang om op die regte variteite te besluit vir voedselsekerheid en langtermyn oorlewing.
Ons eerste Saadbank Fase 1 initiatief vir voedselversekering & saad opberging het afgeskop in Mei en duur voort tot einde Junie 2022.
Tergelyke tyd ontwikkel Landbou metodes om gewasse te produseer vir ‘n “DAN” scenario waar kunsmis, mistowwe en gifstowwe moontlik nie meer beskikbaar sal wees nie.
Ons beoog ook om proewe te plant as ‘n toets vanaf September 2022 in ons sektor op ‘n baie klein skaal wat die “DAN” sal simuleer.
Saadbank Fase 2 – Julie en Augustus 2022
Hierdie fase fokus op groente sade en ons is tans besig met die ontwikkelings fase .
Die hoofdoelwit is groentes wat ons sonder yskaste of ander verkoeling kan stoor. Verdere doelwitte sluit in groente wat ‘n makliker en hoër produksie kan lewer.
Meeste van ons Sentraal Transvaal lede is stadsjappies en dus ondersoek ons gewasse wat deur onkundiges geplant en geoes kan word.
Tien groentesade vir oorweging vir ons sektor sluit in die volgende:
- Pampoene , gems, butternuts en hubbards (meer algemene name);
- Groen boontjies;
- Beet;
- Wortels. Ons sektor se kommersieële boere doen tans goed met die gewas;
- Uie. Ons sektor se kommersieële boere doen tans goed met die gewas;
- Arrtappels. Ons sektor beskik oor n aartappel saad of moer plaas;
- Koring. Winter gewasse word hier kommersieël geplant;
- Sonneblom. Algemene gewas in ons sektor. Ons ondersoek die moontlikheid om die gewas te verander na n gewas waarvan olie gemaak kan word;
- Tamaties. Tans nie ‘n gewas wat in ons sektor geplant word nie. Dit is ‘n gewas wat in n selfonderhoudende tuin geplant kan word vir aanwending in kook of papmeel;
- Knoffel. Ons is nog besig met navorsing.
Saadbank Fase 3 – September en Oktober 2022
Hierdie fase hanteer die aankoop van sade wat ons nie gedurende Fase 2 kan fasiliteer nie weens lede se finansiele beperking en ook die adminstrasie om uit te voer.
Fase 3 sade sal insluit:
- Koring;
- Sonneblom;
- Suiker mielies;
- Suiker alternatiewe soos beet, sorgum of heuning.
Saadbank Fase 4 – November en Desember 2022
Ons het nog nie met die navorsing en ontwikkeling van hierdie fase afgeskop nie maar sal fokus op melk, pluimvee vir eier- of vleisproduksie en verskeie ander vleis produksie.
Opsomming
Elke fase hardloop oor 2 maande en behels die invordering van fondse vanaf lede om produksie voorbereiding en beplanning te doen vir ons sektor. ‘n Groot uitdaging is die beperkte geld tot ons beskiking en dit bly ‘n groot uitdaging.
Die oorhoofse vraag vir elke fase is hoe gaan ons die gewasse plant en met wat.
Fase 1 staan tans op ongeveer 500kg wit en geel miele saad. Die verpakking en stoor moet nog uitgevoer word. Ons glo ons sal uit die bestaande saad vir baie jare kan produseer indien ons ‘n persentasie van die saad uithou vir toekomstige produksie in die langtermyn.
Ons is ‘n organisasie sonder winsmotief (NPO) en ‘n nie-regeringsorganisasie (NGO) en ons sade is vir persoonlike plant doeleindes in die geval van ‘n voedsel krisis en ons Saadbank vorm deel van ons Noodplan initiatief.